George April
Die Joslin Smit-saak is vanoggend in die Vredenburg streekhof uitgestel tot 16 September in die Kaapse Hooggeregshof.
Die vier beskuldigdes, Racquel “Kelly” Smith, ma van die vermiste dogter, haar kêrel Steveno van Rhyn, Jacquin Appolis en Lourencia Lombard het net vlugtig gesig in die hof gewys, waarna die saak uitgestel was. Die vier wat aangekla word vir ontvoering en mensehandel is dadelik terug Kaap toe, waar hulle in die Pollsmoor gevangenis aangehou word.
Daar was media-bespiegelinge voor vandag se hofsaak dat die viertal vandag sal aansoek doen vir borgtog. Van daardie beweringe het egter dadels gekom.
Joslin het in Februarie vanjaar op ‘n geheimsinnige wyse verdwyn uit die sorg van Van Rhyn, in wie se sorg sy blykbaar daardie dag was.
Van die beweringe rondom Joslin se verdwyning, is dat haar ma haar blykbaar aan ‘n sangoma verkoop het vir R20 000.