Skip to main content

Tshifhiwa Matodzi, (47) die voormalige VBS-voorsitter is gister in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof tot 495 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Matodzi is die meesterbrein agter die plundering van R2 miljard by die ontbinde VBS Mutual Bank en is aangekla van bedrog, diefstal, korrupsie, geldwassery en rampokkery, maar het ‘n pleitooreenkoms met die staat bereik.

“Hoewel die gesamentlike vonnis 495 jaar beloop, het die hof gelas dat die vonnisse vir aanklag twee tot 33 gelyklopend met aanklag een moet uitdien. Gevolglik sal mnr Matodzi ‘n effektiewe 15 jaar gevangenisstraf uitdien. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit,” het Katlego Mogale, woordvoerder van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI),  gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!