George April
Daar is groot kommer in die Mariene-bedryf oor ‘n boot wat gister by Doornbaai omgeslaan het. Die bemanning van die boot is gelukkig betyds gered en na veiligheid geneem.
Die skip het nitraatprodukte vervoer wat ‘n negatiewe inpak op die mariene-lewe kan hê.
Mariene-beamptes sal alles moontlik moet doen om te keer dat die produk in die see beland.
Volgens ‘n Doornbaai-inwoner kan die volgende gebeur: “Indien enige nitraat in die perlemoendamme beland, sal water oor en weer see in- en uitgepomp moet word. Dit sal gedoen moet word totdat die seewater wat besmet is, in die perlemoendamme weer skoon is.
“Die nadeel van die proses, is dat perlemoen in die pype gaan beland, wat groot geldelike verliese kan veroorsaak.
“Boonop kan daar nie met sekerheid gesê word hoe lank so ‘n proses kan neem nie. Daarom is dit noodsaaklik dat alles moontlik gedoen word om die nitraat betyds te verwyder voordat dit in die see beland.”
Blykbaar was die boot op pad na Dar es Salaam toe dit in die hoë duinings omgeslaan het.