Skip to main content

Ridder Donki-got, die man van Calitzdorp – Deur Koos Roets

‘n Verhaal geïnspireer deur een van die grootste helde in wêreldliteratuur.

Toe Boetie se bakkie in ‘n stofwolk voor sy huis stihou, staan Snakes se kar reeds onder een van die peperbome geparkeer.

Boetie sug. “Ag hel nee man, ek’s regtig nie nou lus vir Snakes en sy spul cronies  nie!”

Halfpad teen die stoeptrappies op loop Boetie en Piston in Snakes en Jakkie vas. Boetie groet met welgeslypte vals gemoedelikheid. “Snakes! Lekker om jou weer te sien, my vriend!”

Snakes groet nie, hy val dadelik met die deur in die huis. “Marietjie sê jy’t die onderwyser weggejaag.”

Boetie het nie soiets verwag nie en hy is nou genoodsaak om, sonder dat hy tyd gehad het om ‘n goeie liegstorie uit te dink, na die hoogste rat van skadebeheer oor te skakel. Hy maak kamma gemaklik keelskoon. “Ja man, dis ‘n bietjie van ‘n bogger, maar ek wil nou nie my probleem julle manne s’n maak nie, ek kry doodeenvoudig net ‘n ander een.”

“Dis meer as net ‘n ‘bogger’ Boetie! Ons het ons kinders uit die staatskool gehaal en soos poepholle by jou ingeskryf en dit alles op sterkte van hierdie man, ene Ferguson, se credentials en reputasie. En nou’t jy hom wragtig gaan staan en fire!”

Boetie kap terug. “Vir ‘n dom boer soos jy is dit darem moerse woorde wat jy daar gebruik, hê Snakes?”

Jakkie sit nou ook sy lootjie in die piepot waarin ‘n storm dreig om in ‘n tsunami te ontaard.

“Marietjie het ons vertel hoe disgusting jy was. En sersant Jantjies sê  jy’t hom soos ‘n sleg hond weggejaag. Hy sê jy wou nie dat hy in jou huis slaap nie!”

“Vir wat doen jy so iets? Hoekom die arme man sommer net so weggejaag?” wil Snakes weet.

“Ek dink net nie dat hy die regte man vir die pos is nie, Snakes. Ons skool se standaarde is baie hoog, jy weet.”

“Dis nie wat sersant Jantjies gesê het nie!”

Boetie se moer strip nou. “Is daar enigiets wat sersant Jantjies nié gesê het nie?”

Snakes tik met sy vinger op Boetie se bors. “Luister jy nou mooi vir my, pêllie, kry daai man terug of jy’s in groot, groot moeilikheid! In minder as ‘n week begin die nuwe kwartaal en as jou sogenaamde skool nie up and running is met Doktor Ferguson as onderwyser nie, sleep ek, namens die ander ouers, jou hof toe!”

Hy storm die stoep af. Jakkie draf soos ‘n skoothondjie agterna. “Onthou Klousule 5A!”

Hierop het Boetie nie ‘n antwoord nie. Hy dink ‘n oomblik voor hy terug kap. “Onthou Bloedrivier!”

************************************************************************************************

Die drinkebroers van Ladysmith – waar Donki-got afgesaal het – sit die rookgevulde kroeg vol. Op ‘n verhogie word ‘n klavier se klawers deur ‘n kort mannetjie met ’n swart bowler-hoedjie en vet sigaar, drifting gekielie.

Donki-got, die valhelm nog steeds op sy kop, en die twee ‘skone dames’ sit by een van die lendelam tafeltjies. Hulle is besig met hulle aandete en daar word mildelik uit ‘n bottel goedkoop wyn geskink.

Dulsie trek aan die gekoekte lintjies wat die gesigskerm telkens net genoeg oplig om ‘n lepelvol soetpampoen in die ridder se mond te kry. Hy sluk en verneem dan ewe ordentlik. “Het julle nie altemit ‘n bietjie groen jellie nie?”

Dulsie steek haar hand die lug en skree. “Sophia, ‘n bakkie jellie vir die ridder!”

”Groen asseblief, as dit nie moeite is nie,” kom dit van die ridder.

Sophia rol haar oë. ”Ons het nie groen jellie nie, niemand in dié dorp eet ooit so-iets  nie!”

“Bring dan maar wat julle het.”

Dulsie laai ‘n tamaai lepel pampoen in Donki-got se mond af. “Jy moet sluk, ek gaan nog wyn gooi.”

Die joviale klavierspeler spring op en kondig met ‘n luide stem aan. “It’s showtime, ouks! Ek bied u … die skone … die enigste … ons eie … Dulsie Duuuuuvenage!!!!!!

Dulsie sit die glas wyn neer en staan op. Onder luide toejuiging en gefluit stap Dulsie na die verhogie. Die manne gryp na haar en sy het moeite om hulle hande van haar lyf af te hou.

Sanpattie het die voerdery by Dulsie oorgeneem.

Sophia plak ‘n bak met rooi jellie voor Donki-got neer en keer ‘n beker vol geklonte vla daaroor uit.

”Ek het ‘n versoek,” kom dit ewe ordentlik van die ridder.

Die ongeduldige Sophia luister. ”Ja?”

”Môre-oggend moet u my asseblief help om my wens te vervul.”

”Ek leen nie meer geld uit nie.”

Donki-got wys om hom. “U, as die eienaar van dié kasteel, het die outoriteit om my tot ridder te slaan.”

Sophia het teen dié tyd besef dat al die honde hier nie blaf nie en besluit om ter wille van ‘n ekstra paar sente saam te speel.

“Okei sê net wanneer, waar en hoe hard, en ek slaan.”

“Sal môreoggend agtuur in die kapel u pas?” wil Donki-got weet.

Die … uh … die kapel is op die oomblik afgebreek … ons herbou dit … maar ons kan die seremonie in die binneplaas laat plaasvind.”

Donki-got knik. “Dit is vir my heeltemal aanvaarbaar. Agtuur dan in die binneplaas.”

Dulsie neem die mikrofoon en kondig met ‘n hees sensuele stem aan. “Dames en Here ek skop af met Anton Goosen se Stinkblaar en Sigaarrook … ”

Daar is oorverdowende applous. Die klavierspeler trek weg en Dulsie bied bo alle verwagtinge ‘n heel aanvaarbare stukkie kabaret aan.

Donki-got is in vervoering, hy staar na haar in verwondering, terwyl Sanpattie hom lepels vol jellie voer. Sulke talent, sulke sensualiteit, sulke skoonheid het Donki-got nog nooit voorheen teëgekom, aanskou of eers in een van sy baie boeke van gelees nie! Kortweg – hy’t sy hart verloor, hy is tot oor sy ore verlief! Dulsie Duvenhage het sy ontsterflike liefde geword en hy moet nou teen alle koste as volwaardige ridder geslaan word.

Sodra die vertoning onder dawerende applous tot ‘n einde kom, is dit duidelik dat Donki-got ‘hook, line and sinker’ vir  Dulsie se sjarme geval het.

**********************************************************************************************

Dankbaar vir die geselskap, sit Jesus buite langs Kai in die knetterende vuurtjie en staar. Kai se mooi jong dogter Rolindela, bring vir hom ‘n pot met tuisgemaakte bier. “Oh, thank you very much, Ma’m.”

Kai krap ‘n kooltjie uit die vuur en steek sy pyp op. “My daughter has not heard from the school…”

Jesus knik, Kai skud sy kop. “It will not be good to accept something as big as what you are offering for nothing. We still believe very strongly in our African traditions.”

Jesus verstaan nie. “I beg your pardon, Sir? I don’t understand.”

Rolindela verduidelik. “What he means is that it will bring terribly bad luck to the whole village if a gift of such great importance as knowledge is accepted, and nothing is given in return.”

“But I’m not teaching yet!”

“You made the offer and that in the mind of my father is as good as the deed. Therefore, you will be blessed with a wife.”

Jesus skrik sy skelet los. “Excuse me, Ma’m? What was that?”

Sy gaan voort. “In Africa, a man’s wealth is judged by the number of women, cattle and children he has.”

“But … but I don’t want a wife … or cattle or for that matter, children!”

Jesus se oë is nou so groot soos pierings en rek nog groter as ‘n groot, sterk, mollige, vrolike swart vrou die ligkring van die vuur betree.

“This is Dembi who will become your wife. She is originally from Zimbabwe.”

Jesus vlieg orent. “But with all respect, Ma’m!  I … I …”

Kai blaas ‘n bol blou rook uit. “I will pray to the gods that the first baby will be a boy.”

Kai staan op en verlaat die geselskap sonder ‘n verdere woord. Jesus is nou erg bekommerd.

“What … what did he mean by saying she … she will be my wife? Was he just joking or what?”

Rolindela skud haar kop. “No Dembi’s husband was killed by an ostrich before she could give him a child.  After six months of mourning, she came here to live with her mother’s uncle. She is now ready to accept the seed of a man and bear him a child.

Jesus verstik byna. “So? How do I fit into the picture?”

“According to African tradition, it’s the whole community’s responsibility to look after a widow like her …”

Jesus val haar in die rede. “But I’m English, not African!”

Sy ignoreer hom. “The chief has bestowed on you the great honour of giving her a child!”

“What? Me? Like I said I don’t want a child … or a wife for that matter!” protesteer ‘n geskokte Jesus.

Rolindela staan op. “It will be a terrible insult to reject such an offer to both my father, Dembi, and the entire village. If you refuse, he might even put a spel on you.” Sy glimlag ewe liefies.”Come I’ll take you to your hut.”

‘n Beangste Jesus volg Rolindela en ‘n soet glimlaggende Dembi na ‘n naasliggende plakkershut. By die deur groet Rolindela met ‘n skewe glimlaggie. “Good night mister Jesus. Enjoy.”

Dembi wat nie Engels magtig is nie, trek hom na binne en beduie vriendelik dat hy langs haar moet kom sit.

“Thank you ma’m …”

Jesus gaan sit versigtig en sy vlei teen hom aan. Hy trek stadig en bedagsaam terug om nie aanstoot te gee nie.

“Uh … don’t you think we should first get to know each other a little better before … before … we …?”

Sy omhels hom en dié keer is dit nie so maklik om los te kom nie. Jesus gooi al wat jakkalsdraai is om uit die penarie te kom. Boonop bemoeilik ‘n taalprobleem die sake. Hy beduie so al wat hy werd is terwyl hy praat. “Maybe we should have a couple of quiet dates first  … find out what one’s interest in life is and so on! What music we like … what literature … I for instance like Ernest Hemingway a lot and the writings of Norman Mailer is another one of my passions.”

Dembi hou hom met groot begeerte dop, sy verstaan nie waarvan hy praat nie. Jesus is nou paniekbevange. “Oh lord, I think ‘passion’ could have been a bad choice of words …”

Sy wil hom weer omhels, maar Jesus beduie dat hy dors is. Sy giggel, tel ‘n kalbas op en stap met swaaiende heupe by die hut uit. Nou sal hy blitsvinnig op sy voete moet dink. Hy vroetel vervaart deur sy sakke, kry ‘n stukkie papier, dan ‘n pen, skribbel vinnig ‘n nota daarop en drafstap by die deur uit.

Word vervolg…

Leave a Reply

error: Content is protected !!