Skip to main content

George April

“Storm Atkins van Lambertsbaai is soos sy naam lui, ‘n storm op die rugbyveld vandat hy ‘n rugbybal begin rondgooi het.”   Só het pa Sinclair Atkins telefonies met Die Waarheid gesêls oor sy seun se “enorme sport-talent.”

“Storm het selfs op die krieketveld en in atletiek  geskitter, maar moes na matriek ‘n keuse maak. Dit was egter vir hom baie maklik, omdat rugby se talentsoekers hom nie juis ‘n keuse gegee het nie,” het die pa laggend gesê.

Die 18 jarige seun se rugby-talent het egter ook ‘n kopseer vir die ouers begin raak, omdat sy talente met enorme uitgawes gepaardgaan.

“Maar ons gun dit vir hom,” het die pa duidelik trots gesê.

Storm het sy laerskoolloopbaan in 2018 by laerskool Lambertsbaai voltooi. Hy was die hoofseun van die skool in graad 7 en het akademies sowel as in sport uitgeblink.

In 2019 begin hy sy hoërskool-loopbaan by Hugenote Hoërskool in Wellington, met ‘n volle beurs wat aan hom toegeken is. Hy is ‘n kranige sportsman en het rugby, krieket en atletiek in alle ouderdomsgroepe van graad 8 tot 12 beoefen. Hy was ook die 100 en 200 m-kampioen.  Die rugby-gogga het hom in 2021 heeltemal oorgeneem en hy word vir Boland-Sentraal se o.18-span gekies.

In 2024 sluit hy aan by die Rugby Travel Academy in Pretoria wat onder die vaandel van die Blou Bulle-rugbyunie O/20 meeding.

In Maart 2024, word hy gekies om saam met ‘n groep na Frankryk te gaan om Rugby-ervaring op te doen.  Die koste betrokke beloop ‘n bedrag van R50 000.00, wat deur fondsinsameling kon geskied.

In Junie 2024 is hy weer gekies om die Rugby Travel Academy Suid-Afrikaanse Internasionale Rugbyspan van 13 tot 22 Desember 2024 by die Wêreld Skolefees in Dubai te gaan verteenwoordig.
Om daar deel te neem, moet hy plus minus R45 000.00 betaal.

“Dis baie moeilik vir ons om aan sy enorme sport-uitgawes te voldoen, maar ons gun dit regtig vir hom,” het sy pa gesê. “Ons sal dit opreg waardeer as Suid-Afrika se sport-liefhebbers ons sal kan help, al is dit ook met ‘n minimale bedrag,” het pa Sinclair gevra.

Suid-Afrikaners wat wil help, kan hul donasies inbetaal by die volgende bankrekening.

Rekeninghouer: VC ATKINS
Bank: Capitec
Rekeningnommer: 2055380431
Tipe rekening: Spaar
Verw: Storm Dubai
Diegene wat meet oor die seun wil weet, kan die pa, wat ‘n soldaat in die Suid Afrikaanse weermag is, by die volgende nommer skakel: 078 581 5147

Leave a Reply

error: Content is protected !!