Skip to main content

Mvuleni Tactical Security waarsku die publiek teen nuwe skelmstreke wat nou op Facebook kop uitsteek.

Onderaan hierdie plasing is ook ‘n foto van twee van die beweerde skelms wat deel is van ‘n groep genaamd “Skanai’, wat glo betrokke is by die advertering van goedkoop karre op die bekende kletswerf Facebook se Marketplace.

Potensiële kopers word na Pretoria (Winterveld in Soshanguve) gelok, maar sodra die mense arriveer om die voertuie (wat nie bestaan nie) te koop, word hulle na ‘n veld geneem waar die kopers gedwing word om hul bankrekeninge ‘leeg te maak’ via hul bank-toep. Vriende en familie op die kopers se selfone word ook gebel en ‘n ‘losprys’ word geëis om die aangehoudenes vry te laat.

Volgens Mvuleni Tactical Security word sake glo teen die groep boewe geopen, maar die vermeende swendelaars is na bewering gou weer op straat en doenig om nuwe ‘kopers’ in te doen.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!