Skip to main content

IMPAKGEBASEERDE WAARSKUWINGS:

  1. Geel vlak 2 waarskuwing vir ontwrigtende sneeu word verwag oor die binneland van Oos-Kaap, sentrale en noordwestelike dele van die Wes-Kaap, suidelike dele van die Noord-Kaap en Vrystaat.
  2. Oranje vlak 6 waarskuwing vir skadelike kuswinde en golwe word tussen Alexanderbaai en Durban verwag.
  3. Oranje vlak 6 waarskuwing vir storms word verwag langs die kuslyn tussen Kaap Columbine en Kaap

Agulhas, wat na Port Alfred versprei.

  1. Geel vlak 3 waarskuwing vir storms word tussen Cape Columbine en Alexanderbaai verwag.
  2. Oranje vlak 6 waarskuwing vir skadelike winde word oor die sentrale binneland van die Oos-Kaap verwag.
  3. Geel vlak 4 waarskuwing vir skadelike winde word verwag oor die kuslyn en aangrensende binneland van die Oos-Kaap en oor die westelike dele van KwaZulu Natal.

BRANDGEVAAR WAARSKUWINGS:

Uiters hoë brandgevaartoestande word op plekke oor die noorde van KwaZulu Natal verwag.

ADVIES:

Baie nat, koue en winderige toestande, met ligte sneeu kan verwag word oor die Noord-Kaap, Noordwes, Vrystaat, Oos-Kaapse binneland en die Wes-Kaap.

Afwisselende swaar reënbuie, sneeuval, baie koue toestande, sterk kus- en binnelandse winde en baie rowwe see kan verwag word.

PRETORIA:

Mooiweer en winderig.

Minimum/Maksimum: -1/14

Die verwagte UVB Sonbrandindeks: Hoog

JOHANNESBURG:

Mooiweer en winderig.

Minimum/Maksimum: -2/10

VEREENIGING:

Mooiweer en winderig.

Minimum/Maksimum: -4/11

MBOMBELA:

Minimum/Maksimum: 4/20

POLOKWANE:

Minimum/Maksimum: -1/20

MAHIKENG:

Minimum/Maksimum: -2/11

VRYBURG:

Gedeeltelik bewolk

Minimum/Maksimum: -5/10

BLOEMFONTEIN:

Bewolk en winderig, met enkele donderbuie.

Minimum/Maksimum: -6/7

KIMBERLEY:

Bewolk, met enkele donderbuie.

Minimum/Maksimum: -1/8

UPINGTON:

Bewolk, met enkele donderbuie.

Minimum/Maksimum: 0/10

KAAPSTAD:

Meestal bewolk en winderig met wydverspreide buie reën.

Wind: Matig tot fris suidwestelik, word fris noordwes vanaf die middag.

Minimum/Maksimum: 9/12

Die verwagte UVB Sonbrandindeks: Laag

GEORGE:

Bewolk met enkele buie reën vanaf die middag

Wind: Sterk tot stormsterk suidwestelik tot westelik.

Minimum/Maksimum: 6/11

GQEBERHA:

Gedeeltelik bewolk, maar verspreide buie reën by tye. Ysreën is ook ‘n moontlikheid.

Wind: Fris tot sterk westelik, word stormsterkte vanaf die middel van die oggend.

Minimum/Maksimum: 8/13

OOS-LONDEN:

Mooiweer, word gedeeltelik bewolk in die middag.

Wind: Fris tot sterk westelik, wat moontlik later in die middag stormsterkte bereik.

Minimum/Maksimum: 11/16

DURBAN:

Wind: Matig tot fris westelik tot suidwestelik, word sterk tot byna stormsterkte in die middag.

Minimum/Maksimum:11/22

Die verwagte UVB Sonbrandindeks: Hoog

RICHARDSBAAI:

Wind: Matig tot fris noordwestelik, word fris westelik tot suidweswaarts.

Minimum/Maksimum: 13/24

PIETERMARITZBURG:

Mooiweer, word by tye gedeeltelik bewolk.

Minimum/Maksimum: 0/17

 

Bron: SAWD

Leave a Reply

error: Content is protected !!