Die MK-party beplan vandag ‘n optog om memorandums te oorhandig.
Hulle het onderneem dat die optog vreedsaam sou verloop, en die aansoek vir die byeenkoms is wettiglik ingedien en goedgekeur deur die SAPD en munisipaliteit.
Die groep verlaat Ethandakukanya om 11h00 na die N2 by Cashbuild. Dan Noordwaarts verby Waterside lodge die dorp in. Hulle moet dan links draai in Zuidend straat verby die Boxer winkel, en dan regs draai in Markstraat verby die Plein apteek totdat hulle die Munisipaliteit bereik. Die polisie en stadsraad se verkeersafdeling sal hulle begelei.
Daar sal gedurende hierdie tyd verkeersvloeiprobleme in hierdie deel van die dorp wees. Neem dus asseblief kennis hiervan.