Skip to main content

Die Springbok Openbare Orde Polisiëringseenheid het twee mans tydens roetine-misdaadvoorkomingspatrollies op die N7-deurpad in Springbok met dagga ter waarde van ongeveer R350 000-00 gearresteer.

Vanoggend omstreeks 00:05 het die SAPD-lede die verdagte vragmotor opgemerk, dit gestop en deursoek en beslag gelê op 11 sakke dagga wat tussen koskratte agter in die voertuig versteek was.

Die polisie het ook beslag gelê op ‘n onbekende bedrag kontant van die verdagtes wat glo die opbrengs van dwelmhandel is.

Die manlike bestuurder (32) en sy manlike passasier (26) is in hegtenis geneem vir handel in dagga en sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!