Skip to main content

Ek dink die Proteas het gisteraand met bleek gesigte gesit en kyk hoe Indië die verdedigende wêreldkampioene Engeland in die halfeindronde van die T20 Wêreldkampioenskappe verpletter het.

Suid-Afrika speel môre in die eindstryd teen Indië.

Suid-Afrika het eersgister oortuigend met Afghanistan met nege paaltjies afgereken, maar Indië is ‘n perd van ‘n ander kleur.

Dit is 11 jaar sedert hulle as kampioene op die podium gestaan ​​het. Nou is al wat hulle van glorie skei ‘n paar uur se tyd en ‘n vurige Suid-Afrikaanse span. Rohit Sharma en sy manne het Engeland in die halfeindstryd vir ‘n skamele 103 uitgeboul nadat hulle hulle eers rondgejaag het om 171 op die telbord te plaas in Providence, Guyana.

Suid-Afrika, aan die ander kant, was nog nooit in die eindstryd nie. Hulle was tot dusver in die toernooi onoorwonne, maar by tye het hulle wankelrig vertoon.

Op hulle beste kan hulle egter teen enige span wen – die magtige Indië inkluis.

Leave a Reply

error: Content is protected !!