Die Stad Kaapstad het weereens sekere plakkate van die Seksekspo se buitelugreklameveldtog verbied – want hulle beskou dit as te riskant.
Die Kaapstad-ekspo vind van 27 tot 30 Junie plaas. As gevolg van verskeie klagtes wat by die Stad ingedien is, moes die ‘Sexpo’ die besluit in die gesig staar dat van hul straatplakkate “net ‘n bietjie te pittig vir die Stad Kaapstad” is.
Gevolglik word slegs ‘n ‘smaakvolle’ keur van die uitdagende plakkate op die stad se straatpale vertoon.