Die insittendes van ‘n Toyota Fortuner voertuig doen hulle voor as wetstoepassers om motoriste en vragmotors te kaap.
Die voertuig wat vals nommerplate (RTMC 26 GP) op het, is tans bedrywing in die Vaal-area en die Vrystaat.
Dit behoort nié aan die Padverkeersbestuurskorporasie nie.
As enigeen dit gewaar, kontak asseblief 011 266 2088 of kontak jou naaste polisiestasie.