Daar is na verneem word wrywing tussen die ANC en sy grootste vennoot in die Regering van Nasionale Eenheid oor die verdeling van ministersposte.
Die ANC het glo Vrydagaand vir die DA drie ministersposte aangebied, en die DA is die herrie in.
As tweede grootste party in die land, soek hulle heelwat meer poste sowel as ‘n adjunk-presidentskap vir hulle leier, John Steenhuysen.