ALS-paramedici het gister omstreeks 12:20 gereageer op ‘n ernstige enkelvoertuigongeluk op Overportrylaan in Overport Durban.
Paramedici het op ‘n enkel voertuig afgekom wat deur die muur van die boonste verdieping van ‘n winkelsentrum se parkeerterrein gebars het, en op sy dak op die grond gelê het.
Die bestuurder en enigste insittende van die voertuig is vasgekeer in die wrak gevind en het ernstige beserings opgedoen. Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir die man kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar. Die man is glo in sy sewentigs.
Die Ethekweni-brandweer en SAPD en Metropolisie se soek-en-reddingseenheid moes die Jaws of Life en ander hidroliese toerusting gebruik om die man te bevry.
Die gebeure wat tot die ongeluk gelei het is steeds onbekend, maar die SAPD was op die toneel en sal verdere ondersoek instel.