Paul C Venter
Die soldate het met slaapsakke ‘n tydelike basis op die pastorie se stoep gemaak. ‘n Patrollie van agt, twee nagwagte op ‘n slag, gewapen met Lee-Enfields en handgranate. Nie een van hulle lyk regtig oud genoeg om in uniform te wees nie, hulle laat Emma dink aan die konstabel wat Sakkie so laat huil het.
Kleinhanna en Corrie dra tee en toebroodjies stoep toe. Emma voel dis nie nodig nie, die soldate het klaar uit hulle rantsoene gebrekfis, maar sy praat verniet. Die dogters skenk veral aandag aan ‘n ondeunde jong Skot wat glo op ‘n haar soos Cary Grant lyk.
Emma sit by die kombuistafel en maak pos oop. Die kerk se jong skriba is ‘n melkboer wat dagbreek al melk aflewer, dan stop hy ook by die poskantoor en kry die gemeente se pos. Hy het Emma vroeg vanmôre vertel sy mooi plaas is nou op die mark. Sy verloofde is daardie afskuwelike nag saam met Izak Vogel se vrou onthoof.
Emma skeur ‘n brief van haar man eerste oop; dis aan “Spreuke 31” gerig en sy herken sy handskrif. Harald moes dit al verlede maand in Kaapstad gepos het, lank voor hy op die skip Kenia toe geklim het. Haar ma se briewe vat maklik ‘n maand of twee voor dit hier aankom.
Spreuke 31 is een van Salomo se lofsange aan die ideale vrou. Harald het Emma sy Spreuke 31 begin noem nadat sy, meer as ‘n jaar na hulle eerste huweliksnag, so moeg vir die knaende geneul geraak het dat sy aan sy onsmaaklikste eis toegegee het. Van toe af is dit ook al wat hy in die bed wil hê en hy verbeel hom sy geniet dit vreeslik. Sy haat dit. Volgens ‘n sielkundige in ‘n Engelse vrouetydskrif is dit die selfsugtigste daad waarop ‘n man kan aandring, want dit gaan net oor hom en sy plesier.
Wanneer Emma sondig oor haar en Izak Vogel droom – mag die hemelse Vader haar vergewe – is dit die een vleeslike daad wat hulle nooit doen nie. Izak is ‘n man wat gee in haar drome, hy vat nie net nie.
Die gesis van die kokende boomgom laat Sakkie aan ‘n ander vuur dink, lank, lank gelede. Die man wat hom grootgemaak het, Izak die ystersmid, is deur ‘n plaasboer ingeloop met hout wat “te groen” was. Die gom van die hout het soos ‘n pofadder in die vlamme gesis en gespat. Izak was woedend. Sakkie het hom weinig so erg hoor vloek, want hy kon net nie egalige kole vir sy smeewerk kry nie.
Sakkie staan met die Purdey aan Sarika se linkerkant. Die vuur maak ‘n warm wind wat die groen, loshangende rok om haar lyf buig. Aggie staan koponderstebo aan haar regterkant, die masjienpistool op sy heup en hy klem sy Fedora met albei vuiste vas. Inwoners van Happy Valley kring stil om die brandstapel. Almal staan en kyk hoe sis en spat Sarika se man in die vlamme.
Willy se Landrover bak hier skuins agter Sakkie in die bloedige môreson. Hy bly dit in die oog hou. As soldate of sersant Harry se polisie skielik hier aankom, moet hy seer snel kan padgee. Hy hoop Aggie ry saam, hy bid dit, maar dit gaan tien teen een nie so werk nie. Die swartoogvrou het soos ‘n magneet vir Aggie geword, hy loop oralster agter haar aan en doen verdammt als wat sy vra.
“Mombasa,” fluister Aggie in Sakkie se oor. “Hoe ver is dit?”
Sakkie het hom nie gehoor nader staan nie. “Hoe ver is dit met wat?”
“Ryding, die Landrover. Hoe lank ry ons soontoe?”
Sakkie hou niks hiervan nie. “Wie’s ons?”
“Sarika het familie in Mombasa. Sy wil nie meer hier bly nie.”
“Ek ook nie, Achtung, ek wil nou net by my kinders kom. Mombasa is at least drie ure met die grootpad, suidoos verby die pastorie, en daai pad’s tien teen een tjok en blok van die polisie.”
“Jou kinders kan saamkom.” Aggie laat dit so redelik klink. “Dan’s julle mos by al die skippe, julle klim ‘n skip Kaap toe.”
Sakkie wil op Aggie gil, doen dit nie. “Sommer net so? En wat word van jou?”
“Ek gaan met Sarika trou,” se Aggie ernstig.
Kerwin volg die Generaal se vinger oor die groot landkaart waar al die aanvalle in rooi gekring is. Dis smoorwarm in die tent.
“All the way up to this morning, the Happy Valley petrol station.” Die vinger tik op die laaste rooi sirkel. “You see the problem? The bastards are increasing their attacks but they’re hiding whatever pattern or plan they’re following, we can’t figure out where the gangs are going to hit next.”
Kerwin leun nader aan die kaart. “Begging your pardon, Sir. The pattern, the plan, I don’t think they’re hiding anything. This could also be why they’re destroying their food source. I don’t think they’re listening to whoever is behind all this.”
“What are you saying, James?”
“I could be wrong, Sir, but I suspect the gangs are on their own, striking out blindly. They’re not listening to their masters because they can’t hear them.”
Die General byt aan sy snor om ‘n skoolseun se giggel in te hou. “Oh my word, we haven’t found a single radio on their bodies, no telegram messages, they are just not communicating. Welcome, Captain, I finally have a brain on my team!”
Sersant Harry sit dikmond in sy warm kantoor en lees stadig een getikte bladsy: Police Constable William Micklewhite – Personal File.
Bloody hell, Willy se ma is ‘n weduwee in Yorkshire, hy het elke maand vir haar geld gestuur en sy gaan blue murder tot in die Britse parlement skree as sy moet hoor hoe haar enigste seun dood is.
Daar moet ‘n manier wees om Willy se monstrous ending goed te laat lyk. Make it a hero’s death? Oh yes, good job, dit werk altyd. Police pictures van sy destroyed face beter soos mis voor die son verdwyn. Dit was ‘n single clean shot through the heart, Constable Willy wou ‘n innocent bystander beskerm en gee toe sy eie lewe. As gevolg van die African summer heat moes hy natuurlik gou begrawe word voor hy begin pong. Dalk sal die Police Commissioner ‘n posthumous medal for bravery aan die weduwee se linkertiet vaspen?
Sersant Harry kry ‘n potlood en begin pynlik stadig notas maak.
‘n Konstabel loer by die oop deur in. Hier is iemand van die East Africa Command, wil sersant Harry urgently sien.
Sersant Harry is dadelik curious. Hy en die Generaal van East Africa Command het saam vanoggend die bloedbad by die petrolstasie besoek. Sy curiosity vlieg deur die ceiling toe die offisier met die geel krulkop en seriously trim figure sy kantoor inkom.
Sy staan nie op aandag nie, maar haar houding beledig hom ook nie. “Lieutenant Johnson-Cloete, good morning, Sergeant.”
“Lieutenant, bloody hell, to what do I owe the pleasure?”
En hy probeer te hard om nie reguit na haar borste te kyk nie. Becky weet onmiddellik sy het met ‘n muggiebrein te doen. Sy oorhandig ‘n verseëlde koevert en sersant Harry lees stadig sy volle rang en naam op die koevert.
“Thank you for seeing me, Sergeant, the General sends his regards. His letter will explain why I’m here to take a problem off your hands.”
“Really? What problem would that be?”
“The South African coffee farmer who took Constable Willy Micklewhite hostage. Izak Vogel is the subject of a top-secret military investigation, I’ve been asked to collect whatever files this police station may have on Vogel.”
Sersant Harry se gesig is nog nie pers nie, maar die kleur begin soontoe neig. “Wait a minute, why is a common murderer suddenly a military secret?”
Becky knip nie ‘n oog nie. “I’m not at liberty to say, Sergeant. You do know our crown colony is declaring a national emergency? That makes any refusal to comply an act of treason.”
Die pers kleur draai net daar om en hol weg van sersant Harry se gesig af, en hy word die kleur van ‘n laken oor ‘n lyk.
“Magistraat,” kla PJ Buys bitter, “dis nou vir jou prima, my slim kind trek haar bank leeg oor ‘n belofte.”
“Mutter sal die voorskot kry,” probeer Kaatjie haarself oortuig terwyl sy hom aan die arm gang-af sleep, “die skildery is amper klaar.”
Hy glo dit nie vir een oomblik nie. “Jawohl, danke schon, en elke pennie verdwyn in ‘n lekker lang skeisaak. Jy weet jou moeder dink met die agterkant van haar anatomie.”
Sy probeer in die verbygaan kamerdeure tel. “Pa, dis hoekom julle van aangesig tot aangesig moet praat, die tyd vir vry en skei is verby.”
“Tochter, ek vermoed jy’t my so pas wreed in die gesig gevat. Daar is niks verkeerd met my pype nie, Sloet Steenkamp is die een met die oumansklier.”
“Kan ons probeer om dit nie voor hom te noem nie? Stop hierdie scheisse, asseblief, julle twee moet nou aan dieselfde kant wees.”
PJ Buys snork sinies. “Daai aap het net een kant en dis die verkeerde kant.”
“Julle is altwee skuldig. Tant Maggie het haar tyd en geld gegee om te help en julle behandel haar soos ‘n hond.”
“Hanou, sy’s nie ‘n engeltjie nie.”
“Wat het sy verkeerd gedoen? Welche Sunde hat sie begangen?”
“Kaatjie, jy sal nie verstaan nie.”
“Ek vermoed ek verstaan baie goed. Sy het vir oom Sloet gegaan en nie vir pa nie. Hy wil haar nie hê nie en pa kan haar nie kry nie.”
PJ Buys volg sy dogter deur ‘n koel hotel in Afrika, maar haar ware woorde smyt hom op die rand van ‘n donker afgrond: een verkeerde woord en hy stort die duisternis in, sy kind praat dalk nooit weer met hom nie.
“Jy verstaan nie,” mompel hy lomp.
“Sjuut.” Sy steek by ‘n deur vas, klop dringend aan. “Ek praat, asseblief.”
Hy trek sy arm uit haar greep, hou suur sy mond. Dis stil agter die kamerdeur. Sy moet weer klop, nog harder hierdie keer.
“Hy sit sweerlik op die nes,” brom PJ Buys.
“Sjuut.”
Hy waag dit: “Ons is nie kinders in jou klas nie, Katrina. Jy kan nie hier aangevlieg kom en ons rond order nie.”
“Ek dink julle het dit nodig, Pappa,” sê sy met liefde.
Die deur gaan oop en Sloet lyk nie verheug om hulle te sien nie. “Julle hoef nie die deur af te breek nie.”
“Dis dringend, Oom,” sê Kaatjie, “tant Maggie is besig om te pak.”
“Vir wat?” frons Sloet. “Dis nonsens, sy kan nie saam met jou in die pastorie bly nie.”
PJ Buys sug. “Jy sien, Kaatjie? Stokoud en stomdom.”
“Neuk aan, Petrus,” bal Sloet sy vuiste, “jy betaal die hotel vir die bloed op hulle mat.”
“Verdammt!” fluister Kaatjie ‘n kreet. “Julle gedra julle soos kinders en tant Maggie vlieg vanaand terug Kaap toe!”
Sloet verstaan nog nie. “Bloed, ek weet darem nie, Katrina. Die dogters ken haar nie eintlik nie.”
“Sy vat hulle nie saam nie, verflucht! Sy vlieg alleen, oom Sloet! Oor julle twee julle soos kinders gedra!”
Sloet is stomgeslaan, PJ Buys grynslag. “Wie voel nou soos ‘n wurm, Sloetie?”
Karimi wag in ‘n plek tussen rotse aan die voet van die wit berg. Hy voel swak, die wond pyn. ‘n Kombers uit Maitu se kliniek hang om hom en probeer die koue weghou. Dit werk nie. Die sneeulyn begin hier bokant hom terwyl hy afkyk op Happy Valley waar die môre al hot word.
Hy bid sy bodyguard en die nuwe drie kry die guns waar hy dit gebêre het. Hy bid die meerkat met die ridiculous hoedjie het dit nie in ‘n ander gat gaan wegsteek nie. Mag die meerkat dink hy’s safe, the holy war is over vir Karimi en sy Mau-Mau’s.
En mag Murungu hom genadig wees dat hy eendag weer in die meerkat se gesig kyk en met sy kapmes die caitaani se kop morsaf kap.
Caitaani is Kikoejoe vir die duiwel.
(WORD VERVOLG)