Skip to main content

Lede verbonde aan die Provinsiale Taakspan vir Vervalsing, Ongeoorloofde en Kontraband Goedere het inligting ontvang oor vervalste goedere in die Strand-polisiëringsgebied. Hulle het ‘n drankwinkel in Abbeglenstraat in die Strand deursoek, waartydens beslag gelê is op drank wat nie aan die vereistes vir verkoopdoeleindes voldoen nie. Die geskatte straatwaarde van die drank is R450 000-00.

‘n 48-jarige Chinese burger is in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die handel in vervalste en onwettige goedere sowel as die oortreding van die Drankwet 50/2003.

Die verdagte sal in die Strand-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!