Skip to main content

Multidissiplinêre pogings om die onwettige verhandeling van vervalste goedere wat ‘n impak op die ekonomie van Suid-Afrika het, het sukses opgelewer toe polisielede operasies in Eersterivier uitgevoer het.

Die Provinsiale Vervalsing Ongeoorloofde en Kontraband Goedere Taakspan het ‘n operasie in die Kleinvlei-polisiëringsgebied uitgevoer met die deursoek van ‘n drankwinkel op die hoek van Plain- en Ryneveldstraat, Eersterivier waar beslag gelê is op drank wat nie aan die vereistes vir verkoopdoeleindes voldoen het nie. Die geskatte straatwaarde van die drank is R24 miljoen. ’n 20-jarige Chinese burger is gearresteer vir die handel in vervalste en onwettige goedere.

Hy sal in die Bellville-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!