Skip to main content

Die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat Dirk Odendaal Sondagaand sowat 15 m van die huis op sy plaas in Barkly-Oos aangeval het, berig Landbou.com.

Kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, sê ‘n saak van poging tot moord word ondersoek nadat Odendaal glo omstreeks 21:30 aangeval is.

Sy sê hy het na die kragopwekkerkamer gestap toe hy aangeval en in die nek gesteek is. Die motief vir die aanval is nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens betroubare inligting wat met Landbou.com gedeel is, het twee aanvallers hom oorval en met messe gesteek toe hy die kragopwekker wou gaan afskakel. Hy het glo terugbaklei en die aanvallers het van die toneel gevlug.

Een van die aanvallers is vermoedelik ‘n draadmaker wat voorheen al op die plaas gewerk het en tans op een van die nabygeleë plase werk. Boere en polisie fynkam steeds die gebied vir die verdagtes.

Enigiemand met nuttige inligting word versoek om die speurbevelvoerder, kapt.

Jane Oelofse, by 066 201 55 17 te bel of om die Stop Misdaadnommer, 08600 10111, of hul naaste polisiekantoor te kontak.

https://www.landbou.com/landbou/nuus/boer-naby-barkly-oos-aangeval-20240611-2

Leave a Reply

error: Content is protected !!