Skip to main content

Die voorlopige Tariomix-likwidateurs, sowel as Absa is vandag die verweerders in die Pretoriase Hooggeregshof in ‘n dringende aansoek deur die Nasionale Vervolgingsgesag dat miljoene rande wat deur die bank aan die likwidateurs oorbetaal is, terugbetaal word.
Die geld is ingevolge ‘n bewaringsbevel in Maart 2021 gevries, maar dit is op klaarblyklik verdagte wyse aan Victor-hulle oorbetaal.
Die NVG het in 2021 ‘n aansoek om ‘n beslagleggingsbevel gebring, maar die hof het bevind dat daar geen bewyse is dat daar enige onwettigheid aan Liebenberg se sake gekoppel kan word nie.
Die geld kon egter nie aan hom terugbetaal word nie omdat die NVG intussen aansoek gedoen om teen die uitspraak te appelleer. Daar is twee jaar later nog nie op ‘n appeldatum besluit nie.
Die bewaringsbevel beteken dat die geld ingevolge ‘n hofbevel steeds deur ABSA in bewaring gehou moes word, maar op die een of ander wyse het die likwidateurs se prokureurs, Strydom Rabe Ingelyf, die bank oorreed om die sowat R69 miljoen (rente uitgesluit) aan Victor hulle in ‘n Standard Bank-rekening oor te betaal.
Nou doen die NVG aansoek dat die hof ‘n bevel uitreik dat die likwidateurs die geld terugbetaal sodat dit, soos die hof aanvanklik beveel het, in bewaring gehou kan word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!