’n Bejaarde beesboer van die Wesrand in Gauteng was gister ongeveer 17:00 op pad om diesel te koop toe sy vrou by die huis aangeval en drie keer in die bors geskiet is. Met sy tuiskoms het hy op sy erg beseerde vrou, wat buite die huis gelê het, afgekom. Sy is op pad na die hospitaal oorlede.
Polisiehonde was gou op die toneel om die vermeende moordenaars op te spoor en hommeltuie is ook gebruik om hulle te probeer opspoor.
10 jaggewere is geroof en die oortreders het ontsnap.
Die saak word ondersoek.
Dieselfde egpaar het twee jaar gelede ook onder rowers deurgeloop wat hulle verskriklik erg aangerand het. Negentien vuurwapens is toe gesteel. Die boer het glo pas van die gesteelde vuurwapens begin terugkry.