Tot dusver is altesaam 10 oorskotte gevind van mense wat sedert Sondag 02 Junie in die onlangse vloede in die Nelson Mandelabaai-metro dood is.
Storms en swaar reën het op Saterdag 01 Junie in baie gebiede van die metro, veral Kwanobuhle, Kariega, Walmer, Blue Horizon Bay en Kamesh, ernstige skade veroorsaak.
In Kwanobuhle is vier oorledenes gevind, Kamesh, Kabega Park, Chatty en Walmer het elk een aangemeld met Kariega wat twee sterftes aangemeld het. Vandag is die liggaam van die 10de slagoffer, ‘n vrou wat in Kariega as vermis aangemeld is, op die Swartkopsrivieroewer in Cuylerstraat gevind. Die slagoffer het saam met ‘n vriend vermis geraak toe hul motor op 1 Junie 2024 in Kariega weggespoel is. Die voertuig is ook onder water gevind.
Soektogte na liggame van mense wat nog nie gevind is nie, gaan voort deur die SAPD K9 Soek en Redding- en Duik-eenhede.
Geregtelike doodsondersoeke is geopen vir al die verdrinkings.