Die minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, is glo gister in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn in verband met bewerings dat hy R1,6 miljoen se omkoopgeld ontvang het.
Die aanklagte teen Kodwa hou na bewering verband met kontrakte ter waarde van meer as R460 miljoen wat die Stad Johannesburg in 2016 toegeken het om die metro se sagtewarestelsels op te gradeer en in stand te hou.