Skip to main content

Die Oos-Kaapse ANC het hom ten gunste van ‘n regering van nasionale eenheid uitgespreek nadat die party nie daarin kon slaag om ‘n volstrekte meerderheid te behaal nie.

Die party in die provinsie het ook gesê hy is nie bereid om enige koalisiegesprekke te ondersteun wat die bedanking van president Cyril Ramaphosa eis nie.

Die ANC het landwyd in die verkiesing slegs 40% van die totale behaal. In dié provinsie het die ANC 62% van die totale stemme gekry – sowat 6 persentasiepunte minder as in die vorige algemene verkiesing.

Leave a Reply

error: Content is protected !!