Skip to main content

Twee mans, onderskeidelik 75 en 92 jaar oud, sal na verwagting vandag in die Brits-landdroshof verskyn weens die beweerde moord op ‘n 75-jarige man.

Die verdagtes is Donderdag in Jerigo buite Brits gearresteer. Na berigte het die slagoffer en die verdagtes in ‘n ouetehuis gebly.

’n Bakleiery het na bewering tussen die verdagtes en die slagoffer ontstaan. Volgens inligting was die slagoffer op pad uit die badkamer toe hy in die verdagtes, wat op pad was badkamer toe was, vasgeloop het.

Die slagoffer het na bewering een van die verdagtes gestamp nadat dié die oorledene met sy krukke geslaan het. Die verdagte se vriend het glo gehelp om die slagoffer aan te rand.

Die eienaar van die ouetehuis is in kennis gestel en die polisie is ontbied.

Die slagoffer het kopbeserings opgedoen en is per ambulans na die hospitaal vervoer. Hy is met sy aankoms dood verklaar.

Die twee verdagtes is later vir moord in hegtenis geneem.

Leave a Reply

error: Content is protected !!