Skip to main content

Swaar vonnisoplegging is onlangs in die Kathu-streekhof aan drie mans opgelê ná die verkragting en ontvoering van ‘n 11-jarige meisie.

Op 02 Junie 2013 was die slagoffer by ‘n snoepie (spaza) in Kuruman toe sy deur die drie beskuldigdes aangerand is. Hulle het haar verskeie kere agter die perseel en weer by ‘n nabygeleë stadion verkrag.

Die verdagtes het gevlug en is tussen Junie 2020 en Oktober 2021 ná ’n lang ondersoek in hegtenis geneem.

Die beskuldigde het in aanhouding gebly en is soos volg in die Kathu-streekhof gevonnis:

Beskuldigde 1: Emmanuel Modise (25) is gevonnis tot 22 jaar gevangenisstraf vir verkragting en sewe jaar gevangenisstraf vir ontvoering;

Beskuldigde 2: Ditebogo Tshegodikae (31) is gevonnis tot 22 jaar gevangenisstraf vir verkragting en sewe jaar gevangenisstraf vir ontvoering en

Beskuldigde 3: Patrick Gaebetse (31) is tot effektiewe 20 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting en ontvoering.

Puik ondersoekwerk deur die ondersoekbeampte, speurdersersant Gwyneth Paulsen van die provinsiale reeks- en elektroniese misdaadondersoekeenheid het die streng vonnisoplegging verseker vir die oortreders van hierdie gruwelike misdaad wat teen die jong meisie gepleeg is.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!