Skip to main content

Die vinnige reaksie van ‘n multidissiplinêre SAPD-span bestaande uit die Noord-Kaapse Provinsiale Georganiseerde Misdaadondersoekspan naamlik Misdaadopsporing, Kimberley Flying Squad en Kimberley Crime Prevention-eenheid het Dinsdag gelei tot die herwinning van ‘n gekaapte vragmotor wat kruideniersware vervoer het. Ses mans is ook in Galeshewe in Kimberley gearresteer.

Die vragmotor is na bewering op pad na Prieska gekaap.

Die vragmotor is omstreeks 16:30 by ‘n huis in Galeshewe gevind en toe lede die perseel nader, het hulle ses mans aangetref wat besig was om die goedere af te laai.

Die mans is in hegtenis geneem. Een van hulle is ‘n herhaalde oortreder.

Die gesteelde goedere ter waarde van ongeveer R2 miljoen is gekonfiskeer en daar is beslag gelê op die gekaapte vragmotor ter waarde van R900 000-00.

Die verdagtes is van kaping en besit van vermoedelik gesteelde goedere aangekla en sal na verwagting binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!