Eskom verwag dat kragstasies, wat Medupi en Koeberg insluit, kragopwekking teen einde Desember sal verhoog en dat beurtkrag opgeskort kan word.
Suid-Afrika is nou al twee maande beurtkragloos.
Volgens Eskom se bestuur wil hulle Jan Publiek se vertroue in dié entiteit herstel.
“Ons primêre fokus is om beurtkrag te beëindig, terwyl ons nie ons oë van die bal afhaal in terme van die transformasie van hierdie groot organisasie nie. So, terwyl ons kyk na inisiatiewe om beurtkrag te beëindig, en ons sien sommige resultate begin om deur te kom, moet ons ook begin dink oor wat die proses van ontbondeling in ooreenstemming met die energiehervormings wat plaasvind vir ons beteken.
“Wat ons moet doen met betrekking tot ons transmissiebesigheid wat op die eerste Junie geoperasionaliseer word as ‘n selfstandige entiteit; hoe daardie verspreiding vorentoe moet lyk en watter geleenthede takties is vir ons om te omhels,” sê Dan Marokane, uitvoerende hoof van Eskom-groep.