Mike Whittal, die NSRI Gqeberha diensbestuurder, het gesê om 18h19, Sondag, 19 Mei, is NSRI Gqeberha diensbemanning, CWR (Coastal Water Rescue), EC Government Health EMS en die SA Polisiedienste geaktiveer na aanleiding van berigte van 3 persone wat vermis is by Somerstrand.
Daar word vermoed dat hulle in die branders vermis geraak het terwyl hulle geswem het.
NSRI-reddingswemmers en CWR-reddingswemmers, die SA Polisiedienste, Polisiesoek-en-redding en EC Government Health EMS het gereageer.
Met hul aankoms op die toneel het NSRI-reddingswemmers en Coastal Water Rescue-reddingswemmers vryduiksoektogte uitgevoer.
Tydens ‘n uitgebreide see- en kuslynsoektog is die liggame van 2 volwassenes (‘n man en ‘n vrou) gevind.
Beide is deur EMS-paramedici dood verklaar.
1 volwassene bly vermis (vermoedelik ‘n man) en Polisieduikers gaan voort met ‘n deurlopende soektog.
Al 3 is glo plaaslike inwoners.
Die liggame van die 2 oorledenes is aan die polisie en die regering se forensiese patologiedienste oorhandig.
Die polisie het geregtelike doodsondersoeke geopen ten opsigte van die 2 oorledenes.
In ‘n ander voorval is die liggaam van ‘n man, vermoedelik dié van Pierre Lotter (23), van Kathu, Noord-Kaap, Sondag, 19 Mei, naby Melkbosstrand gevind.
Formele identifikasie is in proses in samewerking met familie, die SA Polisiedienste en Staatsgesondheidsforensiese Patologiedienste.
Die familie het met respek privaatheid versoek in hierdie moeilike tyd.