Die Lede van Tuinplaas Gemeenskapsdienssentrum in Waterburg-distrik onder leiding van hul Vispol-bevelvoerder, het gister twee verdagtes van 39 en 56 jaar in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee en dieremishandeling.
Volgens inligting was die polisie besig met hul roetine-stop en soektogte op die R516, toe hulle ‘n wit Toyota Hilux-bakkie voorgekeer het. Twee beeste wat met ‘n seil bedek was, is in die bakkie ontdek.
Die verdagtes is onmiddellik in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee en dieremishandeling.
Hulle sal vandag voor die Modimolle-landdroshof verskyn.
Die polisie-ondersoeke duur voort.