Skip to main content

George April

Die Wes-Kaapse polisie het bewerings deur Gayton McKenzie, leier van die Patriotiese Alliansie, dat nog ‘n persoon in hegtenis geneem is in verband met die verdwyning Joshlin Smith van Saldanha, verwerp.

McKenzie het blykbaar op sy Facebook blad sy volgelinge ingelig dat ‘n “groot polisieklopjag” Woensdag by die huis van ‘n sangoma plaasgevind het.  Hy het  beweer dat die polisie “oor die hele plek” was,  en op soek was na ‘n persoon wat betrokke was met Smith se verdwyning.

Luitenant-kolonel Malcolm Pojie het McKenzie se beweringe ontken en gesê daar was geen klopjagte vandeesweek in Saldanhabaai nie.

Volgens Pojie duur die ondersoek voort, en is geen nuwe arrestasies gemaak nie. Die polisiewoordvoerder het wel gesê die moontlikheid dat ander verdagtes in hegtenis geneem kan word soos die ondersoek ontvou, kan nie uitgesluit word nie.

Intussen is Racquel “Kelly” Smith, ma van die vermiste dogter, haar kêrel Steveno van Rhyn, saam met Jacquin Appolis en Lourencia Lombard in die Polsmoor gevangenis in aanhouding.

Hulle is aangekla vir ontvoering en mensehandel.

Dit is reeds meer as 70 dae sedert Joshlin op 19 Februarie buite haar huis in Middelbos, ‘n Weskus dorp  verdwyn het.

Alhoewel McKenzie blykbaar belowe het dat hy later sal terugkeer om meer besonderhede te verskaf, het dit blykbaar nie gebeur nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!