Skip to main content

Die Gautengse provinsiale voorsitter vir Action SA, Funzi Ngobeni, en voorsitter van die jeugforum, Hluphi Gafane, is Dinsdagaand in Olievenhoutbosch gekaap en ontvoer.

SAPD Olievenhoutbosch het ‘n klag van ‘n kaping en ontvoering ontvang en onmiddellik die nodige hulpbronne geaktiveer.

Die slagoffers is gekaap en in hul voertuig, ‘n Toyota Hilux, gedwing. Die verdagtes het met die slagoffers weggery en hulle in Benoni-omgewing afgelaai.

Ondersoeke is aan die gang om die voertuig en die verdagtes op te spoor.

Leave a Reply

error: Content is protected !!