Die veroordeelde bedrieër Swereen Govender is in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof ‘n kollektiewe tronkstraf van 40 jaar opgelê.
Govender het uit Gauteng na KZN gevlug nadat ‘n lasbrief vir haar inhegtenisname uitgereik is. Sy is in Oktober 2022 by ‘n lodge in Durban, waar sy gewerk het, in hegtenis geneem.
“Sy is van beleggingsbedrog aangekla nadat sy talle slagoffers in 2021 uit ‘n geraamde bedrag van meer as R18 miljoen bedrieg het,” sê Kaptein Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke.
Govender het skuld beken op 15 aanklagte van bedrog.