Skip to main content

By ‘n OTM

  1. Staan naby die OTM en gebruik jou lyf en hand as ‘n skild om seker te maak niemand sien jou pin nie.
  2. Maak seker jy hou jou hand oor die kaartgleuf om seker te maak niemand kan jou kaart omruil nie.
  3. Moet nooit hulp van vreemdelinge by OTM aanvaar nie.
  4. Hou jou pin geheim.
  5. Wees veral in die nag waaksaam.
  6. Bring iemand saam wanneer jy ‘n OTM gebruik.
  7. Wees versigtig wanneer jy ‘n groot bedrag onttrek. Dit behoort jou laaste stop te wees voordat jy huis toe gaan.

Wanneer jy parkeer by winkelsentrums

  1. Wanneer jy jou voertuig sluit, voel of die voertuig gesluit is.
  2. Moenie waardevolle items sigbaar in jou voertuig los nie.
  3. Parkeer so na as moontlik aan die ingang.
  4. Weet waar jy geparkeer het.

Veiligheid in openbare toilette

  1. Indien moontlik, moenie openbare toilette alleen gebruik nie.
  2. Wanneer jy openbare toilette betree, waar moontlik, let op wie ook in die toiletfasiliteit is.
  3. Voordat jy openbare toilette verlaat, maak seker jy vertrek met dit waarmee jy ingekom het, byvoorbeeld selfoon, sleutels, handsak.
  4. Was jou hande voor jy vertrek.
  5. Wag vir jou kind buite die openbare toilette se ingang, of vergesel hulle na binne waar moontlik. As hulle alleen hierdie geriewe gebruik, en dit te lank neem, vra ’n wag of omstander om jou kind se naam in die toilet te roep. Dit is belangrik dat jy nie van die ingang af wegstap nie.

Betaling of onttrekking van lone

  1. Betaal eerder salarisse in bankrekeninge in.
  2. As jy kontant by ‘n bank onttrek, behoort dit jou absolute laaste stop te wees. Vandaar ry jy reguit huis/kantoor toe.
  3. Verander jou betaalroetines. Betaal ‘n week vroeër of later. Betaal eerder mense elke 2 weke as weekliks, en vermy om groot bedrae kontant saam te dra.
  4. Jy beskerm ook jou werkers om hul salarisse op hierdie manier te betaal. Rowers sal dan nie weet wanneer om toe te slaan nie.

As voertuie in jou omgewing verdag lyk, skryf voertuignommerplate en -kleur neer. Kontroleer ook dat die lisensieskyfie se registrasienommer en nommerplaat ooreenstem.

A/o Pieter Booyse

Leave a Reply

error: Content is protected !!