Karoo-stories met ‘n Kinkel – deur Koos Roets
As jy jouself as een van die karakters herken, voel gevlei.
Halo mister Chips!
Die Karoo is ‘n plek van uiterstes. Ook wat klimaat betref. Die een oomblik val gapende kraaie van die takke af, so warm is dit. Dan weer is dit so koud dat plant, dier en mens net wil verkluim.
Die wind waai yskoud en die lug is ‘n dreigende swart massa wanneer die trein Prince Albert Road-stasietjie binnestoom. Piston en Boetie klim uit die Land Rover bakkie en staan in groot afwagting nader om te sien hoe hulle nuwe onderwyser lyk.
‘n Paar reisigers klim af. Roomkanne word op en afgelaai, maar van hulle man is daar geen teken nie. Boetie bekyk die perron op en af. “Waar de hel is hy?”
Piston weet ook nie. “Dit ís die drie-vyftien Trans Karoo dié, hy moes die trein gemis het, Boetie.”
“Verdomde Pom, nes hulle is! Wat ‘n onbehope, onbetroubare, patetiese nasie!”
Die trein fluit en trek stadig die stasie uit. Aan die anderkant van die perron staan daar, dank die vader, ‘n persoon. Verlig wys Piston na ‘n maer figuur, geklee in effe verslete swart pak, dog collar en panamahoed. “Daar’s hy!”
“Nee man, jy kan mos sien dis ‘n darkie daai. Dis seker ‘n maruti wat iemand kom begrawe of so iets”.
Die swartman sien hulle, waai en stap oor die brug na hulle toe. “Good morning good Sirs, I am supposed to be met by a mister …”
Hy raadpleeg ‘n stukkie papier in sy hand. “… a mister Bhootiee dhee Whet.”
Hulle staar na hom in totale ongeloof. Piston is die eerste om, op ‘n manier, van die skok te herstel.
“Is … are … are you mister John Deere?”
Boetie sis deur sy tande. “Dis Ferguson, Piston! Ferguson!”
“O, ja Ferguson. Ek onthou nou, dieselfde as pa se Vaaljapie. Die een wat so olie gelek het.”
Boetie is nou allermins lus vir Piston se praatjies. “Piston, jy weet …”
Die swartman steek sy hand uit. “Jesus Ferguson.”
Piston neem sy hand, groet en vra in sy plat, boere Engels. “Are you the schoolteacher?”
“That’s me Sir, nice to meet you.”
Boetie is totaal gegooi. “O shit!”
Die swartman is duidelik ongemaklik. “Is something wrong, Sir?”
Piston probeer die situasie red. “No nofing! I’m Piston de Lange and this oke here is Boetie de Wet.”
Piston wys na die papiertjie wat nog steeds in die swartman se hand is. “De name on your pyper, yes.”
Jesus gee hand. “Glad to meet you, Bhootie.”
Hulle skud hande. Boetie mompel onderlangs.
“Haai Jim!” Piston wink vir Jim wat ‘n entjie van hulle agterop die bakkie sit. “Kom gee gou bietjie hand hier met die man se luggage.”
Jim spring af, groet die onderwyser vriendelik, neem die twee tasse en laai dit agter op die bakkie. Piston is nou oor die ergste skok en is doodvriendelik. “Well, get in mister … uhh … Jesus. There is nice hot koffie and flepjecks waiting for us by the house.”
‘n Sprakelose Boetie klim voor in die bakkie.
“We’ll all have to squeeze in front, mister Jesus. Marietjie, that’s Boetie’s wife, needed the car to go to town this morning. But the Landy has darem got three seats in front.”
Jesus glimlag. “As long as I don’t have to walk, I’m happy. And please call me Jesus.”
Boetie sien Jesus het planne om voor in te klim. “Jy laat hom agterop ry Piston!”
Piston kyk hom skeef aan. “Jy’s nie lekker nie, is jy Boetie?”
Jesus klim voor in en skuif tot teenaan Boetie wat aan die anderkant uitspring asof ‘n slang hom gepik het.
“What’s wrong, Sir? You all right?”
“I’ll ride on the back, this is too small for the three of us.”
“You sure?”
“Yes I’m sure!”
Jesus wys na die swart malende wolke bo hulle. “It looks as if we’re going to have a good old downpour any minute now. Do you think it’s wise?”
“It’s oukei. I anyway never ride with Piston upfront.”
Jesus kyk hom vraend aan. “Why is that?”
“Because he smokes like a chimney.”
Piston gaap hom aan. “Jy lieg mos nou Boetie!”
Hy draai na ‘n verwarde Jesus. “I don’t smoke no more! He’s talking shit … er … nonsense!”
“Yes, but you still stink, Piston!”
Boetie draai na Jesus. “You know mister Jesus, that stink always stays on you. It never goes away! Sies man, magtig Piston!”
Piston sug. Hy praat met Boetie asof hy ‘n kind is. “Moenie stupid wees nie Boetie, dit gaan reën, klim nou in.”
Maar Boetie klim moerig agter op die bakkie en gaan langs Jim sit.
“Asseblief Boetie, moenie laf wees nie!”
Boetie trek net sy kop tussen sy skouers in. “Ry man!”
Piston skud sy kop, klim agter die stuur in en trek weg. Hy probeer hard om die ongemaklikheid van die situasie met small talk weg te praat. “Is it your first visit to Souf Efrika, mister Jesus?”
“No it’s my third. I have a mother living in Oudtshoorn.”
Piston is verras. “A mather?”
“Yes Sophia Bertelli, she’s Italian.”
Nou verstaan Piston die ding nie so mooi nie. ”Aaiteljen?”
Jesus glimlag oor Piston se reaksie.
“Yes. I’m adopted, you see.”
“Ek wou mos sê …”
Dan open die hemel sy sluise en die reën stort in die spreekwoordelike emmers neer.
Jesus kyk bekommerd deur die agterruit van die bakkie na ‘n miserabele Boetie wat probeer skuiling teen die kajuit se agterkant soek. Jim, wat altyd gereed is vir enige soort weer, het homself klaar in ‘n groot geel vissermansbaadjie toegewikkel.
Jesus Ferguson draai na Piston. “Your mate is going to freeze to death.”
Wat Piston betref, kry vermakerige hardegat Boetie nou sy verdiende loon. “Good for him! He always finks he knows better then everybory else.”
Jesus is simpatiek. “Shame, poor fellow.”
“Let him suffer.”
Deur die agterruit beduie Jesus nou in gebaretaal vir die sopnat Boetie. “If you change your mind, there are bags of space in here.”
Jim loer besorg na die bibberende Boetie. “Meneer hy gaan siek word, Meneer moet gaan sit daar voor.”
Boetie is misrabel, sopnat, beneuk, ontsteld, moerig … en hardegat. “Ek’s okei … dankie.”
Sy selfoon lui, maar hy ignoreer dit. Jim stamp liggies aan hom.
“Meneer se foon.”
“De moer met die ding man!”
‘n Paar oomblikke later lui die foon weer. Boetie reageer eers nie, pluk dit dan vies uit sy sak. Hy kyk na die nommer van die inkomende oproep en antwoord nors. ”Ja?”
Prokureur Manie val weg. “Jis, jis! Dit reën lekker nê?”
Boetie loop geensins oor van entoesiasme nie. “Uhh …”
“Die weervoorspelling sê dis net ‘n koue frontjie met ‘n paar los buie.”
“Uhh. Dit gaan sweet blue boggerall aan hierdie dêm droogte doen, of for that matter, die hitte. Bel jy my nou oor die weer, Manie? Ek is besig, sê wat jy wil sê.”
Manie ignoreer Boetie se bui. ”Ek’t goeie nuus – Snakes-hulle is in.”
Nie eers dié nuus lig Boetie se donker bui nie. “O oukei, ek bel jou môre.”
Hy knip die oproep dood en staar met ‘n frons voor hom uit.
Jim trek sy baadjie uit. “Vat dié, Meneer. Hierdie koue hy’s nie goed nie.”
Boetie kyk dankbaar na die baadjie. “En jy? Wat van jou?”
“Ek’s oukei, ek’t mos hierdie jersie.”
Boetie neem die baadjie, maar sien nou eers hoe dun Jim se trui is. Hy skud sy kop. “Nee man, daai jerseytjie gaan nie werk vir hierdie koue nie, hou jy maar.”
“Meneer kan nie so koud kry nie. Hierdie baadjie is lekker groot, ons trek hom oor ons altwee.”
‘n Bibberende Boetie aanvaar die aanbod. Hy kruip onder die baadjie in en skuif styf teenaan Jim.
Onder sy bakhand, steek Jim sukkel-sukkel ‘n zol aan, trek ‘n lang teug en hou dit na Boetie uit. Soet rook vul die beknopte ruimte onder die baadjie.
“Dankie, ek rook mos nie.”
“Traai hom net, hy sal vir Meneer bietjie warm maak.”
Boetie weifel ‘n oomblik, vat dan die zol en trek. “ O, aaptwak.”
Jim verstaan nie. “Meneer?”
“Boom … dagga. Baie op hoërskool gerook.”
Jim glimlag geamuseerd. Boetie neem ‘n diep trek voor hy dit teruggee. Sy oë traan.
By ‘n bruggie langs die pad staan daar ‘n sinistêre figuur, geklee in ‘n verinneweerde pak klere. Jakkalsterte en ander diervelle hang soos ‘n karos om hom. Die reënwater stroom van ‘n verweerde swart keil, windskeef op sy kop, af.
Piston hou by hom stil. “Soek jy ‘n lift?”
Die figuur steek sy maer arms in die lug en gee ‘n bloedstollende gil. Jesus skrik.
“Okei, reg so dan.”
Piston trek weg.
“What the hell was that all about?”
“It’s just old Kai, the sangoma.”
“Sangoma? What’s a sangoma?”
“Wietsh dokter. He said he’s ookei, he dirrint want a lift.”
Jesus kyk deur die agterruit en sien hoe die vreemde figuur in die verte verwyn.
“Witch doctor? What is he doing out here on his own?”
“He come here to call the rain.”
Jesus is verstom. “You mean he organised this rain?”
“Yes, he prays and then it rains.”
Jesus is verstom. “Every time?”
“Yes.”
“We need this bloke back in England, there is a hell of a drought out there as well.”
“Rheely?”
“Yes, they blame it on the El Ninja phenomenon.”
Piston vryf nadenkend aan sy ken. “Old Kai only does the rain fing when he feels like it.”
Jesus Ferguson knik afgemete. “Interesting.”
“You can plead and anyfing, but no rain if the oke doesn’t want to.”
“Interesting indeed…”
By die plaas aangekom, kies ‘n druipnat, bedremmelde en hoogs beneukte Boetie direk koers na die drankkabinet en skink ‘n dubbel-dubbel whiskey. Hy sak neer in’n gemakstoel.
Marietjie, met ‘n bord vol plaatkoekies, kom uit die kombuis gestap.
Piston wys met sy hand na Jesus. “Marietjie, this is dokter Fordson.”
Boetie sluk sy dop weg en sis geïrriteerd deur sy tande. “Ferguson, nie Fordson nie. Kry dit nou vir die laaste keer net verdomp reg, Piston. Dis Fer-gu-son!”
Jesus steek sy hand uit. “Hi Ma’am, I’m Jesus Ferguson, glad to meet you.”
Marietjie en Jesus skud hande. “You are most welcome on our farm as well as in our house, doctor.”
Boetie skink vir hom nog ‘n stywe dop, swaai die glas met drank ‘n paar keer en sluk.
Piston beduie na Jesus. “Hy’s swart, Marietjie.”
“Dit kan ek sien, dankie Piston.”