Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ‘n ondersoekverslag vrygestel oor die Enyobeni Taverne-tragedie, waar 21 jong individue hul lewens verloor het.
Die verslag verontskuldig die ouers van die slagoffers en beklemtoon mislukkings deur staatsorgane om openbare veiligheid en verantwoordelike drinkery te verseker.
Daar is bevind daar was onvoldoende toepassing van drankregulasies deur die Oos-Kaapse Drankraad en die polisie.
Die kommissie het ook bevind daar was onvoldoende toesig en kapasiteit binne die Buffalo City Metro (BCM) om voldoening aan sonering en bouregulasies te monitor.
Dit nadat bevind is dat die taverne sy bouplanne verander het sonder die toestemming van die BCM.