Skip to main content

George April

Ongeag beweringe van RDP huise wat verkoop word, en dan uitgehuur word, weier die DA beheerde Drakenstein Munisipaliteit om te reageer op twee media-navrae.

Selfs twee navrae aan Anton Bredell, die Minister van Plaaslike regering word ignoreer.

Behalwe beweringe van huise wat verkoop word, en dan uitgehuur word, word daar blykbaar ook huise gegee aan families en vriende.

Marita Mouries en Rozetta Mars is die twee ongelukkige vroue aan wie die vorige burgermeester Conrad Poole huise belowe het. Ook Lynette Januarie, ‘n ma van vier, moet nou ‘n RDP huis ontruim, wat sy teen R3 500 per maand gehuur het.  Ook sy sit al blykbaar vir jare op die behuisingswaglys.

Volgens Mouries, het Poole aan Rita Andreas, portefeulje houer vir behuising, opdrag gegee dat hulle twee vroue eerste hul huise moet ontvang wanneer RDP huise uitgedeel word. Ongeag die opdrag, word daar nou verskeie redes gegee waarom Mouries moet wag.

Conrad Poole is in Februarie egter as uitvoerende burgemeester van die Drakenstein-munisipaliteit deur ‘n mosie van wantroue,  op ‘n raadsvergadering uitgeskop as burgemeester.  Dit was nadat daar ‘n ondersoek teen Poole was, dat hy na bewering betrokke was by ‘n betaal-vir-werk-skema.

Volgens Mouries word sy nou liewer deur Patrick van Wyk, wat in die behuisings-kantoor sit, liewer daarvan beskuldig dat sy eers in 2019 aansoek vir ‘n huis gedoen het.

Catharina Grobbelaar, werkgewer van Mouries het in ‘n beëdigde polisie verklaring Van Wyk se aantuiging as valslik verklaar. “Mouries het in 1995 op die plaas Leeurivier begin woon. Toe het sy by my begin werk, en terselfdertyd aansoek vir ‘n RDP huis gedoen,” sê Grobbelaar in haar verklaring.

Ongeag Grobbelaar se verklaring of afgedankte Poole se opdrag, gaan die vroue blykbaar vir ‘n volgende fase moet wag.

Rozetta Mars het intussen ‘n prokureur gaan sien, in die hoop dat sy dan gehelp sal word vir ‘n huis.

“Ek het in Januarie aan Andreas in ‘n WhatsApp-boodskap gevra of daar nog nie “overflow” huise beskikbaar is nie?

 Andreas het reageer met, “nie nou nie, ons moet eers 755 klaar maak, wat in Januarie gaan wees.”

Volgens Mouries het sy selfs verskeie boodskappe aan die nuwe DA burgemeester Stephen Korabie gevra wat aangaan. Korabie het net gesê dat ek vir fase twee moet wag. “Hy weet nie eers waar die huise gebou gaan word nie; ek weet nie meer wat om te dink nie,” het die vrou moedeloos gesê.

“Dit terwyl ons gesinne al ses jaar sonder water en krag op die plaas sit.”

Die Waarheid wou in ‘n skriftelike navraag weet of die opdrag in die vergadering amptelik in ‘n notule aangeteken was. Indien wel, waarom ‘n opdrag van ‘n vorige burgermeester nie uitgevoer kan word nie.

Daar is egter  vir ’n tweede keer nie gereageer nie. Dit is dalk omdat negatiewe nuus die DA in ‘n swak lig kan stel met die komende verkiesing.

Leave a Reply

error: Content is protected !!