Skip to main content

Jacques de Klerk

’n Bekende sjef gaan voortaan gewoond raak aan die kos in die tjoekie nadat hy vir 10 jaar tronk toe gestuur is vir bedrog.

Lusizo Mvula Henna (41), eienaar van Blaque Olive Private Chefs, is Maandag deur die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof op ses klagtes van bedrog  en op 14 aanklagte van geldwassery skuldig bevind.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, het Henna onbehoorlik R5.3 miljoen se BTW van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geëis. Die staatsentiteit het uiteindelik R3.1 miljoen aan hom uitbetaal.

“Die eise het nie in sy handelsrekeninge gewys nie en die bedrag wat hy ontvang het, is binne 14 dae aan familie en vriende oorbetaal.”

Mjonondwane sê die hof het bevind hierdie eise is ingedien om die SAID te bedrieg.

Ter verswaring van die vonnis het die staat getuienis deur Sars voorgelê waarin die skade aan die fiskus as gevolg van skemas soos Henna s’n.

Die aanklaer, Marius Oosthuizen, het aangevoer dat slegs gevangenisstraf gepas sal wees aangesien misdade teen die fiskus ‘n groot impak het op die regering se vermoë om dienste te lewer.

Die NVG loof die toewyding van adv Oosthuizen en die ondersoekspan vir hul pogings om Henna aanspreeklik te hou vir diefstal van die fiskus,” het Mjonondwane gesê.

 

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!