Mdunwazi Ngwenyama, ‘n voormalige amptenaar van die departement van binnelandse sake, is tot 14 jaar tronkstraf gevonnis vir korrupsie.
Ngwenyama het ‘n bedrieglike geboortesertifikaat uitgereik vir ‘n nie-bestaande persoon in ruil vir R1 000.
Die ondersoek het aan die lig gebring dat die sertifikaat aan ‘n Zimbabwiese burger oorhandig sou word.
Die ondersoek deur die Valke het gelei tot Ngwenyama se inhegtenisneming. Ngwenyama is verlede week tot agt jaar gevonnis vir korrupsie en ses jaar vir bedrog.