Agt individue is in Kimberley in hegtenis geneem ná botsings tussen die polisie en ‘n groep buitelanders.
Die voorval het plaasgevind toe die polisie probeer het om ‘n Nigeriese man in hegtenis te neem wat na bewering in besit van dwelms was.
Die buitelanders het die polisie aangeval, wat gelei het tot die gebruik van rubberkoeëls om die skare uiteen te jaag. Die verdagtes wat in hegtenis geneem is, staar verskeie aanklagte, onder meer opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld, in die gesig.