Skip to main content

Onder Operasie Vala Umgodi, wat fokus op onwettige mynbedrywighede en ander verwante misdade in die Kleinzee-gebied, is 15 mense Sondag gearresteer.

Die verdagtes is aangekeer vir onwettige mynbou en betreding en daar is beslag gelê op toerusting wat glo in die pleging van onwettige mynbou gebruik word.

‘n Multi-dissiplinêre span het ses Suid-Afrikaners, vyf Lesotho-burgers en vier Zimbabwiese burgers vir onwettige mynbou en betreding gearresteer.

Daar is beslag gelê op ‘n ‘crusher’-masjien, kragopwekkers, sakke met moontlike diamantdraende gruis, dagga, drank en mynimplemente wat in die besit van die onwettige mynwerkers gevind is.

Hulle sal eersdaags in die Kimberley landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!