Skip to main content

Die Gautengse eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad vra hulp van dei publiek in ‘n saak van dubbele moord wat op 21 Mei 2020 by ‘n vulstasie in Mabopane, Winterveld, plaasgevind het.

Die oorledenes, 47 en 49 jaar oud, was besig om geld by ‘n taxivereniging in te samel toe hulle geskiet en noodlottig gewond is.

Die polisie glo die mans op die onderstaande foto’s kan met die ondersoek help.

Enigiemand wat kan help om hierdie mans te identifiseer, word versoek om die naaste polisiestasie te kontak of die SAPD Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel of alternatiewelik ‘n anonieme wenk op MySAPS App te laat.

Leave a Reply

error: Content is protected !!