Skip to main content
GEORGE APRIL
In ‘n ongeluk op die R45, naby die plaas Rooidraai in die Swartland,   het ‘n man Donderdag-oggend in ‘n kop-aan-kop botsing gesterf.
Die impak van die botsing was so geweldig, dat sy vierwiel voertuig se enjin ‘n paar meter voor sy voertuig gelê het.
Volgens ‘n video wat op sosiale media-groepe versprei is, is die hele passasierskant van die voertuig vernietig.
Iemand wat op die ongelukstoneel was, het aan die media gesê dat die oorledene van Vredenburg was.
Volgens die polisie se Tania Helrich, het die man van die ligte voertuig moontlik beheer oor sy motorvoertuig verloor, en uit sy baan oorgesteek.
Dit het veroorsaak dat hy in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke was met ‘n vragmotor wat oppad Langebaan toe was.
Die 24-jarige bestuurder van die ligte voertuig is op die toneel dood  weens die impak van die botsing.
‘n Saak van strafbare manslag is op Malmesbury geregistreer volgens die media-woordvoerder.

Leave a Reply

error: Content is protected !!