Skip to main content

Sonnette Lombaard

Die likwidasie van Tariomix sal geensins Forever Diamonds and Gold se ambisieuse toekomsplanne ontspoor nie. Inteendeel die mineraalreus se verklaarde begeerte om die mynwese in ons land op sy kop te keer sodat gewone landsburgers in ons ryk skatte kan deel, kry spoed.

Vooraan, soos dit hoort, trek die beleërde sakeman en voornemende politikus Louis Liebenberg, grootbaas van Forever Diamonds and Gold. Liebenberg, wat al onafhanklike kandidaat is om in vier provinsies in die verkiesing 29 Mei te staan, stel tans op ‘n landwye toer sy politieke strategie aan kiesers bekend.

Hy was juis in Namakwaland waar Forever Diamonds and Gold verskeie myne oor ‘n reuse-gebied van 144 000 hektaar bestuur, toe die nuus Vrydag kom oor die finale hofuitspraak in die uitgerekte likdiwasie-aansoek teenTariomix.

Regter Mark Morgan het Tariomix finaal gelikwideer. Liebenberg het dadelik gesê hy gaan appelleer. Omdat reeds vir besigheidsredding aansoek gedoen is, keer dit nogtans die likwidateurs om enigsins verder op te tree.

Die hof het ná bykans ‘n jaar in dié opspraakwekkende aansoek besluit om Tariomix finaal te likwideer. Dit was ondanks Sars wat dié omstrede likiwidasie van die diamantmaatskappy sterk teengestaan het. Die Inkomstediens se aangestelde kurator bonis het in sy verslag betoog die likwidasie sal nie in belang van die vennote wees nie.

Liebenberg het volgehou om die likwidasie-mafia se deurlopende vuilspel agter die aansoek aan die kaak te stel. Hy het ook growwe onpartydigheid en omkooppogings ontbloot.

Só sou die hof die likwidasie-aansoek laat verdwyn of in sy guns besluit indien hy R20 miljoen sou betaal aan ses hofamptenare en die Noordwes provinsiale regering en/of R2 miljoen aan die twee oorspronklike aansoekers. Hy het geweier en die twee aansoekers het hulle eindelik aan die saak onttrek.

Die mynmagnaat wat voortaan sy volk vanuit die parlement nog meer daadwerklik wil ophef, gaan geensins nou sy aanslag teen sy boelie-teenstaanders en mediavyande verslap nie. Met berugte advokaat Vaughn Victor as die voorspies, het die likwidasie-mafia die laaste paar jaar maatskappye landwyd deurboor.

As ‘n vars, eietydse Afrikaner-leier, is Liebenberg wie nou sy kop vir die politiek rat, meer vasbeslote as ooit om ons land se mineraalskatte in die hande van gewone Suid-Afrikaners terug te sit.

Hy het nogeens sy JV-vennote gerus gestel dat Forever Diamonds and Gold se huis in orde is en al die ander besighede onder dié vaandel sterk aangaan en groei, ondanks die Tariomix-uitslag.

“Ons kan kies hoe ons sielkundig reageer op die finale likwidasie van Tariomix,” het hy vennote aangeraai.

“Tariomix het reeds 14 maande gelede ophou besigheid doen. Sedertdien doen ons nie uitbetalings in Tariomix en Zircon nie weens die hof se verkeerdelike denkfout om dié twee entiteite as een maatskappy te beskou.”

Die vennote in Tariomix en Zircon sal moet wag vir die besigheidsredding-aansoek in Augustus voor uitbetalings kan geskied. “Ons sal dié saak wen want ons plan is beter as die likwidateurs s’n, wat geen geld vir vennote kán gee nie. Tariomix se bates is te min om eers die likwidateurs-koste te dek.”

Tariomix se finale likwidasie beïnvloed ook nie die besigheidsreddingsaansoek nie. Dit sal nog voor die hof wees tot minstens Augustus vanjaar vir ‘n beslissing.

Ná Februarie 2023 het Forever Diamonds and Gold in ander maatskappye besigheid begin doen, wat nié deur die likwidasiebevel geraak word nie. Dié nuwe besighede woeker sterk, aldus Liebenberg.

Forever Diamonds and Gold se myne val ook nie onder beheer van die likwidateurs nie en is almal beskerm. “Hulle lewer produksie wat sekuriteit verskaf vir die uitbetaling aan ons maatskappye waarmee tans handel gedryf word,” verduidelik hy.

Liebenberg het sy onderneming herhaal om Media24-joernaliste te dagvaar. Dié Afrikaanse hoofstroom-mediamaatskappy voer ‘n volkskaalse oorlog teen Liebenberg met vals en/of verdraaide waarhede sedert sy besoek aan oudpresident Jacob Zuma in KZN in April 2022.

In ‘n hernieude beroep op vennote om saam met hom Forever Diamonds and Gold se drome te bewaarheid, het Liebenberg daarop gewys “die handel in pakkies is julle besigheid. Julle bepaal wat daarvan word. Ons myne wat groot winste maak, bied sekuriteit aan die handel”.

Die mynmagnaat het opnuut verklaar dat geen vennoot geld sal verloor nie, vanweë die enorme rykdom van die myne onder sy bestuur in Namakwaland. Dit lewer daagliks tot duisende diamante. “Die Zuma-familie is ons vennote daar,” het hy bygevoeg.

Die volgende groot stormloop in Namaland wink boonop. Die aansoeke vir lisensies vir die ontginning van die gesogte swaar minerale daar word afgewag. Dit sal die toekoms van dié arm, agtergeblewe streek met sy hoë werkloosheidsyfers radikaal omkeer.

Liebenberg se gemeenskapsprojek in Namakwaland vorder fluks. Dit teiken die inheemse Nama-bevolking en kleinmyners met wie ons ‘n moedertaal deel. Hulle word in diens geneem en opgelei en deel in die maatskappy se winste.

Forever Diamonds and Gold is ook in die proses om die 150-jaar oue Arthur Kaplan groep met juwelier- en horlosiewinkels landwyd oor te koop as ‘n afsetgebied vir sy diamante.

Liebenberg het vennote gevra om te bly inkoop. “Ons betaal uit. Jy maak ordentlik geld. Beter as op enige ander plek in Suid-Afrika. Jy is vir óf teen my. Kry mense wat soos ons dink langs jou in en ons neem alle myne oor.”

Hy mik na 100 000 vennote teen Desember vanjaar en wil ook veel meer myne bestuur. “Ek sal my deel van ons ooreenkoms hou en wil vanjaar minstens 1 000 van julle miljoenêrs maak.”

Volgens Liebenberg sal sy goeie verhouding en samewerking met oudpresident Zuma die Afrikanervolk vorentoe baat. “Ons samewerking gaan van Ramaphosa ontslae raak, wat die howe deur Zondo beheer.

“Wag en kyk hoe God ons lei. Ons gaan groter goei. My onderneming sal ek gestand doen. Vyande sal wel les opsê,” het Liebenberg sy vennote en ondersteuners beloof.

  • Tariomix se omstrede likwidasie-aansoek het in Februarie 2023 begin. Die likwidateurs het op ‘n slinkse manier die bevel op Liebenberg beteken op ‘n plaas in Lichtenburg waar hy reeds jare nie meer woon nie.

Dit het gelei tot verskeie hardhandige beslagleggings by Forever Diamonds and Gold se hoofkantoor in Kemptonpark. Toerusting en dokumente is gekonfiskeer en personeel geteister, later selfs tuis.

Tydens ‘n aggressiewe beslaglegging van gewapende mans, sommige in balaklavas by die nabygeleë kantore van Liebenberg se mediamaatskappy, Die Waarheid, is toerusting uit die mure gepluk, en saam met persoonlike goedere verwyder.

Liebenberg en sy regspan onder leiding van Walter Niedinger het verwoed teruggeveg. Maar ondanks ‘n berg dokumente wat by die hof ingedien is, insluitende petisievorms van meer as 6 000 JV-vennote in Liebenberg se maatskappye wat die likwidasie teenstaan, is die voorlopige likwidasie bekragtig.

Die uitgerekte hofsaak, gekenmerk deur die likwidateurs se laakbare optrede, was in die Hooggereghof in Mahikeng aangehoor, soms virtueel weens die afstande.

In oploop het die kommissaris, oudregter Eberhard Bertelsmann, erken dat hy in belang van geregtigheid hom amptelik onttrek. Bertelsmann, wat die artikel 418-ondervragings vooraf gelei het, het toegegee sy optrede kan vertolk word as bevooroordeeld teenoor Liebenberg.

Van die begin het Liebenberg volgehou hy en sy maatskappye het niks om weg te steek nie en dat dié growwe teistering sy besigheid ontwrig en personeel traumatiseer. Sy maatskappye is geregistreer en word bedryf onder verskillende name maar is mekaar onderling goedgesind en werk onder die Forever Diamonds and Gold-vaandel saam aan gesamentlike doelwitte.

Leave a Reply

error: Content is protected !!