Skip to main content

Die Two Oceans Marathon, Afrika se grootste hardloopgeleentheid wat ekonomiese impak betref,  vind op 13 en 14 April 2024 in Kaapstad plaas.

Die 56-kilometer ultramarathon en 21-kilometer halfmarathon, wat jaarliks gehou word, lok duisende deelnemers van regoor die wêreld, en is ‘n gesogte sportgeleentheid op die Kaapstadse kalender. Dit word ook beskou as die mooiste marathon ter wêreld.

Weens die marathon sal baie Kaapstadse paaie gesluit wees op Saterdag, 13 April, en Sondag, 14 April 2024. Inwoners word gemaan om hulsef te vergewis van watter paaie hierdeur geraak word.

Tydens die eerste wedloop in 1970 het slegs 26 hardlopers deelgeneem. Sedertdien is die wedloop ‘n nasionale instelling onder plaaslike, buiteland en internasionale atlete.

Leave a Reply

error: Content is protected !!