Skip to main content

Ina van der Westhuizen (43) het vandeesweek in die Hartbeesfontein Periodieke Hof verskyn vir bedrog en regsverydeling. Sy is borgtog van R2000.00 toegestaan en sal na verwagting weer op Dinsdag, 28 Mei 2024 voor die hof verskyn.

Van der Westhuizen, ‘n sersant wat op Hartbeesfontein gestasioneer is, is op Dinsdag, 09 April 2024, gearresteer oor beweerde diefstal van ‘n moorddossier waarin haar goeie vriend aangekla is.

Die beskuldigde het na bewering ‘n voormalige reservis op 4 April na die polisiestasie ontbied. Dié persoon is na sy aankoms na die speurderskantoor geneem waar hy gevra is om ‘n sak te vat, die plek te verlaat en dit nie oop te maak totdat die beskuldigde dit by hom afhaal nie.

Die eks-reservis het egter besluit om die sak oop te maak en het ontdek dat daar ‘n moorddossier binne-in was. Hy het na bewering agterdogtig geraak en op 5 April 2024 die voorval by die speurbevelvoerder aangemeld.

Die saak is by die provinsiale teenkorrupsie-ondersoekeenheid (ACIU) aangemeld vir ondersoek en die beskuldigde is gearresteer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!