‘n City Power-kontrakteur in Johannesburg is gearresteer omdat hy na bewering ‘n kliënt wat R3.8 miljoen vir krag geskuld het, onwettig heraangesluit het.
Die kontrakteur staan tereg op aanklagte van peuter met noodsaaklike infrastruktuur en omkopery.
City Power het ‘n inkomste-invorderingsaksie van stapel gestuur om klante wat in gebreke bly, te teiken.
Die arrestasie is deur die Johannesburgse metropolisie by City Power se hoofkantoor gemaak.