Amerikaanse president Joe Biden onderskryf voortgesette menslike lyding deur meer militêre hulp vir die Oekraïne te eis, het voormalige Russiese president Dmitri Medwedef aangevoer.
Biden het Woensdag sy pleidooi aan die Amerikaanse kongres herhaal om ‘n bykomende $60 miljard se hulp vir die Oekraïne vry te stel.
Volgens Medwedef kom Biden se woorde daarop neer om te sê: “Hou aan om mekaar dood te maak. Hoe meer mense sterf, hoe beter. Ek wil meer sterftes hê.”
“Die beleid maak die Amerikaanse leier nie anders as Death nie, een van die ruiters van die Apokalips wat in die Boek van Openbaring beskryf word,” het die Russiese amptenaar, wat tans as adjunkhoof van die nasionale veiligheidsraad dien, op sosiale media beweer.
Biden het belowe om Kiëf met wapens en geld te ondersteun vir “so lank as wat dit neem” om Rusland te verslaan. Moskou sê die VSA stook die vyandelikhede aan omdat hulle meer skade aan Rusland wil aanrig en die stryd “tot die laaste Oekraïner” sal voortsit.
Biden het nie verduidelik hoekom hy verwag dat die ‘hangende hulppakket’ meer impak sal hê as die voriges nie.
Op dieselfde dag het die Amerikaanse assistent-sekretaris van verdediging vir internasionale veiligheidsake, Celeste Wallander, aan die Huis gesê dat Oekraïne-finansiering moet voortgaan, want anders sou die miljarde dollars wat Washington in die vorige jare aan die konflik bestee het, vermors sou gewees het.