Skip to main content

GEORGE APRIL

Grootskaalse bedrog word glo by die Drakenstein munisipaliteit in Wellington gepleeg met die uitdeel van huise by die Vlakkeland RDP behuisings-projek.

Navrae by die Demokratiese Alliansie-beheerde munisipale amptenare word eenvoudig geïgnoreer.  Rita Andreas wat die portefulje van behuising by Drakenstein beklee, het ook nie op navrae gereageer nie.

Skrywes en oproepe na Fazlin Adams, sekretaris in die behuisingskantoor in die Wes-Kaapse Parlement, het meer vrae veroorsaak.

Op ‘n vraag van die media het Adams gesê: “Ek weet nie wat daar aangaan nie, want my navrae word ook nie beantwoord nie. Dit sal eintlik goed wees as die media daaroor berig, sodat die waarheid kan uitkom.”

Die media is in besit van WhatsApp-boodskappe wat Andreas aan die vroue gestuur het. Daarin beskuldig sy Parliament daarvan dat fondse nog nie beskikbaar is vir sekere behuisingsprojekte nie. Volgens Adams het sy nie ‘n benul waarvan Andreas praat nie, omdat haar navrae nie beantwoord word nie.

Die Waarheid is reeds in Oktober 2023 deur vroue genader om te kla oor die onregverdigheid wat plaasvind met die uitdeel van huise.

“Mense kry huise, maar verhuur dit dan uit aan ander mense. Daar loop selfs stories dat mense die huise by die twee amptenare, wat verantwoordelik is vir die uitdeel van die huise, koop,” het een vrou gesê.

Vier vroue wat met die media gepraat het, is glo al meer as 18 jaar op die waglys, en dit wil voorkom asof hulle nóg soveel jaar gaan wag.

Nog ‘n vrou het uitgevaar en gesê: “’n Vriendin het vir my vertel, ‘sluit by die pastoor se kerk aan, dan kry jy ‘n huis’.”

Na bewering is meer as agt plase se inwoners in die Wellington streek die mense wat die ergste benadeel word.

“Daardie munisipale amptenare moet by die plaasboere verkla word,” het Deon Carelse,’n bekende aktivis vir menseregte in Eersterivier, aan die media gesê.

“Die plaasboere het baie van die fondse bygedra vir die bou van die huise, omdat hulle mense huise moet kry,” het Carelse telefonies vertel.

Die Waarheid het selfs navrae oor die behuisingsprobleem aan Anton Bredell, Minister van Plaaslike Regering en OPOD gerig oor die beweerde bedrog wat plaasvind.

Volgens Carelse het hy met die bou van die huise verskeie briewe aan Bredell gestuur oor bedrog wat by die bouprojek gepleeg was.  “Bredell het nooit gereageer nie, en ek glo daardie beweringe van bedrog wat daar gepleeg word,” het Carelse bygevoeg.

“Dis mos nou verkiesingstyd; natuurlik sal hulle nie wil hê al daardie beweringe moet openbaar gemaak word nie,” het Carelse voortgegaan.  “Die DA is moes ‘n heilige koei as dit by regeer kom, so hulle sal nie nou reageer nie.”

*** Op Hopefield woon meer as 20 huisgesinne al agt jaar in asbes huise, en onlangs het die inwoners uitgevind dat die huise onwetting en ‘n gesondheids gevaar inhou.  Pogings deur die wykskommitee om ‘n vergadering met die wyksraadslid Miranda Schrader, Andrè Brahm Truter – burgermeester en die Saldanhabaai behuisings kommittee te kry, val op dowe ore.”

Die Waarheid het die brief vir die vergadering gestuur, nadat van die inwoners die media vir hulp genader het. Volgens verskeie ontevrede inwoners met wie die media gesêls het, is die wyksraadslid nou besig met verkiesings veldtogte.

Die huisies was in die apartheidsjare opgerig vir spoorweg werkers wat daar geslaap het, as hulle in die weskusstreek gewerk het.  Die DA beheerde Saldanhabaai munisipaliteit was al verskeie kere in die nuus oor swak dienslewering aan die bruin gemeenskap van Oudekraalfontein in Hopefield.

‘N voorbeeld is die rietdakhuisie waaroor Die Waarheid onlangs berig het, die toestand van die huis het baie versleg.  As die DA raad nie gaan besluit om dit reg te maak nie, kan dit net so wel nou gesloop word, het baie inwoners uiting aan hul virstrasie gegee.

Leave a Reply

error: Content is protected !!