Skip to main content

‘n Man is dood nadat hy deur giftige slange gepik is. Hy het doelbewus sy hande in die slange se hok gedruk.

Ná Marius Joubert se dood is meer as 70 verwaarloosde diere, (almal onwettig) insluitend giftige slange, in sy huis gevind.

Die Bloemfonteinse DBV het die toestande as erger as ‘n gruwelfliek beskryf. Verhongerde, gedehidreerde inheemse én eksotiese wilde diere, sommige reeds dood, is op die toneel gevind. 60 van die diere het wonderbaarlik oorleef terwyl die res aan honger en ontwatering dood is.

Joubert sou in die hof verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal. Die oorlewende diere word behandel en sal hopelik binnekort in hul natuurlike habitat vrygelaat word.

Die DBV is spyt dat Joubert nie tereg kon staan op aanklagte van dieremishandeling nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!