Skip to main content

Die Waarheid Boeke stel vandeesweek ons heel eerste Herfskatalogus vir lesers bekend!

Boeke wat op hierdie spesiale aanbieding bekendgestel word, is vir ‘n beperkte tyd spotgoedkoop! Jy sal ‘n goeie boek kan aanskaf vir minder as die prys van ‘n ordentlike pakkie sigarette.

En die aanbiedinge is ideaal vir hierdie reënerige weer. Die Herfskatalogus is slegs in digitale formaat te koop – jy gaan jou boek dus op Kindle, jou selfoon, tablet of rekenaar kan lees. Ongelukkig maak die prys van drukwerk, verspreiding en berging dit onmoontlik om gedrukte boeke by hierdie aanbod in te sluit.

Elkeen van die boeke word op Amazon, die wêreld se grootste boekwinkel, verkoop om seker te maak jou koopproses is so eenvoudig en pynloos as moontlik.

Hoe om die boeke aan te koop: Volg bloot die skakel wat ons hier gee, en volg Amazon se standaard-aankoopproses van daar af.

Ons stel vandag twee boeke bekend. Môre en die daaropvolgende paar dae is daar ander bekendstellings.

Vandag se aanbod is:

SARAH deur Sonja Brown

‘n Moet-lees!

‘n Interkontinentale intense roman wat jou emosies sal laat wipplank ry terwyl jy op die punt van jou stoel sit en lees. Tussen die raakvat-woorde in Dok Sarah sal jy liefde, humor, ontvoering, haat, moord en geldgierigheid ervaar.

Kom ontmoet vir Sarah. Word deel van ‘n storie vol intrige, avontuur en boeiende karakters. Jou aandag sal gesteel word van die begin tot die einde. En dis ‘n belofte.

***

Moenie simpel raak nie. Vroumense is speelgoed. Dosyne vir elke seisoen, herinner hy homself, maar diep binne in sy hart van verstand het Léon geweet dat hy in die moeilikheid was met dié meisie in sy passasier-sitplek.

Hy kan sy ma se stem duidelik in sy gedagtes hoor: Eendag gaan jy jou alie sien. Jy gaan ‘n vrou ontmoet wat die wind uit jou seile gaan steel, en jy gaan moet klou vir oorlewing, Boeta. Ek hoop dat ek daar gaan wees om dit te sien.

Daardie ‘eendag’ het aangebreek…

BOETEBESSIE deur Dirk Lotriet

Troffel Hanekom ontmoet ‘n boetebessie in die Fontein Hotel in Bloemfontein. Sy is effe mollig en swartgallig, omdat haar man haar vir ‘n vrou by roadworthy gelos het. Maar sy het hipnotiese borste, soos Troffel weldra sal agterkom.
Die boetebessie het baie probleme. “In ‘n egskeiding,” verduidelik hy vir haar, “het niemand ooit die regte soort tou nie. Al die lere is te kort, al die toue te dun.” Nes sy, is hy in ‘n slegte plek, laat hy haar weet. ‘n Veel slegter plek as wat enigiemand ooit sou verwag.
Boetebessie is ‘n kort boekie. Jy sal hom binne ‘n uur of twee lees, maar dit sal dae lank by jou spook.
Hierdie is ‘n eksperimentele novelle wat jou sal laat glimlag, sal ontstel en sal laat wonder. Troffel Hanekom sal waarsynlik vergeet hy is Troffel Hanekom, maar jy sal baie lank onthou wie en wat hy is.

Boetebessie (Afrikaans Edition) – Kindle edition by Lotriet, Dirk. Literature & Fiction Kindle eBooks @ Amazon.com.

Leave a Reply

error: Content is protected !!